Tuesday, 29 September 2015

Skoolbesoek: Dag 15 - 7 Augustus 2015

Langnaweek!! Alhoewel dit nie so voel nie. My twee lesse vandag lê soos ‘n berg voor my. Ek voel rustig oor my Wiskunde les, maar stres bietjie oor my Ekonomie les vir die graad 10’s. Dit is die klas waaroor ek so gestres het, maar ek hoop maar vir die beste.

Dit voel vir my asof ek glad nie reg is vir die les nie. Ek dink my grootste vrees is dat die kinders my gaan vasvra, maar ek sal maar net eerlik wees en sê dat ek nie seker is nie en dat ek sal gaan seker maak en dan terugkom na hulle toe. Vandag moet ek maar besluit watter lesse ek volgende week wil aanbied.

Ek het besluit ek gaan maar weer vra wanneer die ander klas met Pythagoras gaan begin, sodat ek dan die lesse kan doen. As ek dan nie mag nie, gaan ek dan ‘n ander klas soek. Ek het vir die een onderwyser dankie gesê dat ek kan les aanbied, toe sê sy dit is ongerieflik, maar sy was ook daar waar ons nou is en sy weet ons moet leer. Ek kan eintlik indink oor hoe onderwysers moet voel wanneer studente moet les aanbied in hulle klas, want tot ‘n mate het die onderwyser dan geen beheer oor hoe die les aangebied word nie.

Die volgende periode was ‘n graad 8 Tegnologie klas en die juffrou het huiswerk gemerk. Die een leerder het toe nie haar bladsy in die klas nie en toe sê die juffrou dat dit nie die einde van die wêreld is nie – sy weet mos hoe hard die leerder werk. Vangoggend in ‘n ander klas het ‘n klomp leerders nie huiswerk gedoen nie en die juffrou het vir almal detensie punte gegee en ook strafwerk. Dit is nogal interessant hoe verskil onderwysers se hantering van leerders wat nie huiswerk doen nie. Ek dink wat die belangrikste is, is om konsekwent te straf.

Na pouse was dit ek en my Wiskunde les. Dit het baie beter gegaan vandag! Ek dink ek raak nou al gemaklik met die klas. Die juffrou het gesê ek kan volgende week weer les gee. So ek het nou al drie van my agt Wiskunde lesse klaar. Hopelik kan ek volgende week nog drie doen.

Ek het weer vandag die musiek periode gaan bywoon en dit is nogal lekker om rustig te raak na ‘n Wiskunde les met musiek in my ore. Hulle het vandag’n klomp simfonieë geluister en dit is nogal lekker om hulle almal te kan herken.

Na tweede pouse moes ek en 'n ander proefstudent weer gaan toesig hou het in juffrou Scheepers se klas. Ek was bly dat ek nie alleen was nie, want anders sou ek nie deur my les vir die laaste periode kon deurgaan nie. Ek was heel dag lank bietjie bekommerd gewees oor my Ekonomie les, maar was vir een of ander rede rustig toe my les moes begin het.


Nog net my les agter die rug kry, dan is dit langnaweek.

Skoolbesoek: Dag 14 - 6 Augustus 2015

Alhoewel ek duskant dood van moegheid is, het ek redelik maklik opgestaan. Ek dink dit is nou maar omdat ek op my laaste bietjie battery krag hardloop. Ek het lekker hokkie oefening vanmiddag, so ek sien vreeslik baie uit daarna. Dink ek gaan uitmekaar uit val as ek gaan hardloop, maar darem gaan ek oefening inkry.

Ek gee vandag weer les vir die graad 8 Wiskunde klas en ek voel baie rustig daaroor – dalk te rustig. Dalk is dit omdat ek net werk gaan merk met hulle. Na vandag is dit nog net 14 lesse oor om te doen. I can do this!

Maandae, Dinsdae en Donderdae is altyd vir my die ergste. Dit is die dae wat pouse eers 11:07 is… Ek kan skaars uithou sonder kos tot eerste periode toe!

Die res van my dag was maar rustig gewees. Na die tweede pouse het ek en 'n ander proefstudent weer vir die admin tannie gehelp met liasseer werk en die laaste periode het ons ‘n drama les gaan bywoon. Dit was nogal lekker om met die onderwyseres te kan praat oor die onderwys. Sy sê dat onderwys niks is soos wat ons nou leer nie, en sy voel mens leer eers wanneer jy jou eie klasse het. Ek stem 100% saam met haar, want mens kan nie altyd rustig ‘n les aanbied wanneer iemand vir jou punte gee nie.


Ek het vanmiddag weer die hokkie oefening bygewoon en die afrigter het gesê ons kan volgende week die span vat vir oefening. Dit klink nogal na pret!! Bietjie afleiding vir ons. Die res van die dag is dit maar ek en lesse uitwerk.

Skoolbesoek: Dag 13 - 5 Augustus 2015

Dit is ‘n nuwe dag, en saam met dit kom net positiewe denke. Ek het besluit vandag gaan ek vat soos dit kom. My dag het weereens 07:00 al begin, sodat ek die fluit ensemble oefening kon bywoon. Dit was baie lekker om te sien hoe mooi die twee stukke nou bymekaar kom. Daar is nogsteeds van die leerders wat nie hulle stukke ken nie, maar daar is nog presies 10 dae oor voordat hulle moet optree.
Ek het darem goeie nuus gekry! Juffrou K* het vir my gesê dat ek die hele hoofstuk van Pythagoras se stelling met haar klas kan behandel. Dit beteken dat dit omtrent drie lesse gaan wees. Nog beter is dat die ander onderwyseres ook gesê het ek kan van daardie lesse vir haar klas ook aanbied. Gevolglik gaan dit alklaar omtrent vier of vyf van my lesse wees. Nou voel ek baie rustiger oor my Wiskunde lesse.

Ek het uiteindelik my onderwerp vir my Ekonomie les vir die graad 10’s gekry. Ek sou die les oorspronklik more aangebied het, maar die onderwyser is nie more daar nie, so dus gaan ek die les dan aanskuif na Vrydag toe. Dink ek gaan dan more weer vir die graad 8’s ‘n les gee en dan sommer hulle assessering met hulle deurgaan en dan hulle huiswerk merk of aangaan waar hulle vandag opgehou het.

Ons het vandag ons eerste lekker ervaring as onderwysers gehad. Dit is hierdie week CSV week, so die kringleiers het sop en brood vir die personeelkamer gebring. Ek moet sê vandag is ek bly ek is ’n onderwyseres.

Ek het vandag weer ingesit in die Lewenswetenskappe klas. Die onderwyser het ‘n klomp hersieningsvrae gevra wat die leerders mondelings moes beantwoord het. Ek dink dit is ‘n baie goeie manier vir die leerders om te hersien en te weet wat hulle weet en nie weet nie. Dit is veral lekker wanneer jy kan sien die onderwyser het ‘n baie goeie vakkennis. Dit maak dat die leerders volle vertroue in die onderwyser plaas om vir hulle klas te gee. Die onderwyser doen ook baie moeite om seker te maak dat die klas interessant bly. Ek wens ek kan heeldag lank in die Lewenswetenskappe klas gesit het. Ek geniet die onderwyser se lesse vreeslik baie. Hy het ook vir my gesê dat hy baie lief is vir sy vak, en ek voel dit is ‘n baie belangrike vereiste vir ‘n goeie onderwyser.

Die volgende klas was die klas by wie ek gister les voor gegee het. Hulle moes hulle huiswerk aktiwiteite ingegee het, sodat ek dit kan merk. Uit ‘n klas van 28 leerders, het slegs 24 leerders dit ingegee waarvan 2 onvolledig was. Dit is nogal frustrerend as mens heeltyd vir die leerders iets sê en dan doen hulle nogsteeds nie wat jy vir hulle vra nie. Ten minste sien ek hulle more weer vir ‘n les, so dan kan ek hulle behoorlik vasvat oor hulle foute. So more is dit my tweede les van sestien… Nog baie om te gaan!


Na skool het ek en M* weer gesit vir ekstra klasse. Ons het net deur die algebra vraestel gegaan, aangesien haar grootste probleem daar lê. Hulle skryf more ‘n tutoriaaltoets so ek hoop regtigwaar sy leer haar meetkunde reëls.

Skoolbesoek: Dag 12 - 4 Augustus 2015

Okay goed, so vandag is my eerste les vir punte en ek weet nie of ek moet sterk staan en of ek moet weghardloop nie. Vanoggend het ek skool toe gekom en moes toe vinnig die aktiwiteite gaan kopieër het. Ek het baie paniekerig geraak toe ek sien dat daar onderwysers is wat ook die masjien wou gebruik het. Ek het nie gedink dat daar iemand was nie, maar nou ja.

Ek het gisteraand gelê en dink dat ek van die ander graad 8 Wiskunde onderwysers gaan vra of ek nie my les kan doen vir hulle klas nie. Maar dit het ook nie gewerk nie. Dit is frustrerend, maar ek verstaan hulle moet deur hulle werk kom. Ek is baie dankbaar dat hulle bereid is om toe te laat dat ons lesse kan gee in hulle klasse.

Dit is toetsdag vandag so ek het ‘n uur in die registerklas gespandeer. Darem kon ek deur my les gegaan het, aangesien ek nie dit gisteraand gedoen het nie.

Vandag is weer een van daai dae. Ek het lus vir niks vandag nie. Nie eens lus om met mense te werk nie, maar sal my kop probeer hoog hou vandag. Ek weet eerlikwaar nie hoe onderwysers dit regkry om nogsteeds met alle positiewe denke en houdings die dae deur te gaan nie – of dalk verstaan ek nou dat dit dalk net ‘n front is.

Ek was in die tweede periode in ‘n graad 8 Wiskunde klas. Die juffrou het die memo uitgedeel en toe kyk ek maar vinnig daar deur om te kyk of ek die kinders reg gehelp het. Ek het ‘n fout op die memo gesien en toe besef hoe vinnig so iets gebeur. Hoeveel onderwysers kry nie net die memo en merk hulle klas se goed nie? Hoeveel onderwysers vat die tyd om deur die memo te werk? Sulke klein foutjies kan ‘n leerder onnodig benadeel. Dus moet ek ‘n punt daarvan maak om elke memo nie net as ‘n gegewe te aanvaar nie.

Die res van die dag is maar rustig wat klasse betref. In die Ekonomie klas was daar ‘n video gekyk aangesien die klas ver voor die ander een is. Dit is die klas vir wie ek les gegee het laas week. Ek is bietjie bekommerd oor wat die klas vir die onderwyseres gesê het oor daardie lesse. Dit is vir my baie sleg dat die twee lesse van laas week nie tel nie. 

In die vyfde periode moes drie van ons proefstudente in die personeelkamer bymekaarkom om te bepaal wanneer ons ons krit lesse wil gee. Darem het ons nou amper ons evalueringsdae bevestig. Altwee is darem eers oor ‘n maand so sal verseker reg wees vir die ding – of so hoop ek!

Ek was bevoorreg gewees om vandag twee periodes te kon gebruik vir my les. Dit het my darem genoeg tyd gegee om een van my assesseringsaktiwiteite ook uit te deel. Dit beteken dat ek more 28 aktiwiteite gaan kry om te merk en dan nog my Ekonomie les ook beplan. Hierdie week gaan nog rof raak, veral omdat ons elke middag eers 17:00 by die huis kom. Ek het darem 75% vir my les gekry waaroor ek baie bly is. Ek weet ek het nog baie om te leer. Ek stres baie oor die Ekonomie lesse – wat as hulle my vasvra? 

Ek was vandag by die toneel se oefening. Alhoewel hulle net sekere dele geoefen het, lyk dit nogal asof dit baie goed behoort te wees. Dit is net ‘amazing’ om te sien hoe hierdie jong kinders hulle personas sommer net so kan verander.

Maar nou ja, laat ek maar memorandums gaan uitwerk…

Skoolbesoek: Dag 11 - 3 Augustus 2015

Okay goed, na alles wat gister skeef geloop het, het ek gedink niks kan meer skeef loop nie. Nooit weer gaan ek dit sê nie, want alles was afdraende nog voordat ek my oë oopgemaak vanoggend. Ek het gisteraand heel pligsgetrou my wekker gestel vir 05:50, of so het ek gedink. Min wetende dat ek my wekker gestel het vir 06:50. 06:15 het my tannie my wakker gemaak en in my haas het ek my oë so gevryf dat my oog geïrriteerd was. 5 Minute voor ons moet ry, kon ek nogsteeds nie my grimering opgesit het nie, aangesien daar ‘n waterval uit my een oog geloop het. So kom ons sê net my week kon nie slegter begin het nie.

Hopelik gaan dit beter wanneer ek my lesse moet aanbied hierdie week! Ek het darem iets om na uit te sien. Die fluit juffrou het my gevra om vandag en more se tweede pouses ‘n paar fluite van die fluit ensemble te vat en hulle stukke deur werk saam met hulle. Ek hoop my bladlees is nog op standaard! Op die oomblik moet ek net hoop my vet oog hou nog.

Ek het gisteraand toe weer vir M* gesien. Ek het gehoop dat sy verder sou probeer werk het aan haar tutoriaal, maar sy het nie aangegaan van waar ons gestop het laasweek nie. Ons het afgeskop met die somme waar hulle vergelykings moes oplos. Aangesien ek baie graad 8 Wiskunde klasse waarneem, weet ek dat die kinders daarde spesifieke somme tot vervelens in die klas uitwerk. Wat my bekommer is dat sy geen idee het oor hoe om die somme te benader nie. Dit wil vir my sê dat sy totaal en al verdwyn in daardie klas. Wens regtig ek kan meer tyd met haar spandeer.

Ek het beplan om more ‘n les vir twee graad 8 klasse te doen, sodat ek net een les hoef voor te berei. Ek kan darem die een les bevestig, maar die ander juffrou soek ‘n ander tema, so gevolglik sal ek more middag nog ‘n les moet voorberei. Darem sal ek later in die maand die lesse kan herhaal.

Aangesien die saalperiode langer was as wat beplan was, is die res van die dag se periodes bietjie omver gegooi. Na pouse het my en een van die ander proefstudente se periodes gebots, so gevolglik moes ek waarneem terwyl sy klasgee. Dink dit is ‘n goeie idee gewees, aangesien ek vir die meeste van die leerders ook moet klasgee in Ekonomie. Ek sien nou dat die klante is maar oral dieselfde, maak nie saak wie die klas aanbied nie.

Tweede pouse was ek weer terug waar ek moet wees, naamlik in die musiekklas. Dit is snaaks hoe vinnig jou musiekkennis weer terugkom, sodra jy weer dit voor jou het. Ek dink nie hierdie leerders besef hoe bevoorreg hulle is om musiek te kan doen nie. Dit was vir soveel jaar deel van my lewe gewees en ewe skielik was daar net nie meer tyd daarvoor nie. Dit beteken nogal baie vir my dat die juffrou my vertrou het met die oefening van die stukke.


Ek weet nie of ek uitsien na more se les en of ek bang is nie. Hopelik tref die kreatiwiteit my voor vanaand, sodat ek een ‘awesome’ les kan beplan.

Monday, 28 September 2015

Skoolbesoek: Dag 10 - 31 Julie 2015

En uiteindelik breek die naweek aan. Dit is net sewe periodes wat tussen my en naweek lê. Ek het in my register klas besef dit is definitief nie net ek wat uitgesien het na naweek nie. My register onderwyseres was tog so bly om by die Vrydag blokkie te teken op ons dra-rapporte.

Die volgende klas wat ek bygewoon het, is die klas by wie ek my ander lesse gaan by aanbied. Tussen die twee klasse by wie ek my lesse gaan aanbied, gaan ek genoegsame diverse metodes leer en kan sien wat werk en wat doen nie. Die les het hoofsaaklik bestaan uit die merk van die huiswerk. Ek dink die onderwyseres het wel beplan om aan te gaan met die nuwe werk, maar toe ‘n paar leerders gesê het dat hulle nie die huiswerk verstaan het nie, het sy ook haar hele lesplan verander om eers seker te maak hulle verstaan. Dit is vir my ‘n baie belangrike eienskap wat ‘n onderwyser moet hê – die vermoë om op sy of haar voete te kan dink en aanpas by die benodighede van die leerders.

Ek het gisteraand besluit om weer ‘n powerpoint te maak met die inhoud van my les vir die graad 11's. Wat vir my baie oulik was, was toe een van van die leerders dankie gesê het vir die moeite wat ek in die afgelope twee lesse ingesit het. Dit is sulke dingetjies wat alles die moeite werd maak. Ek het dit regtig baie geniet om vir die graad 11’s klas te gee. Dit is baie lekker om saam met die klas te gesels oor die werk in plaas van om slegs vir hulle inhoud voor te lees.

Die volgende klas het ek vir die eerste keer by ‘n Wiskunde graad 11 klas ingesit. Dit was vir my baie vreemd om in die klas in te stap en nie te weet wat daar aangaan nie. Die klas het sirkel meetkunde behandel en hierdie afdeling was uit ons skoolkurrikulum uit gehaal. Dit is nogal sleg, want ek gaan hierdie afdeling volgende jaar moet aanbied, so ek gaan moet selfstudie laat ek hop.

Die vierde periode het ons proefstudente bietjie met die een onderwyseres gesels en sy het toe vir ons baie goeie wenke gegee oor die onderwys en oor hoe om ons eerste jaar in die onderwys te oorleef. Ek het baie respek vir daardie juffrou, aangesien sy my op 7-jarige ouderdom op die verhoog gekry het.

Ek het toe by een van my wiskunde onderwyseresse die ander graad 11 klas waargeneem. Sy gee my toe die goeie nuus dat die klas vandag met sirkel meetkunde gaan begin. Dit beteken dus dat ek bietjie hulp gaan hê om dit op te swot. Ongelukkig gaan ek nie al die periodes kan bywoon nie, maar dit sal wel voordelig wees om so ver as moontlik te probeer. Dit was baie lekker om te weet dat die onderwyseres ook van haar kant af my inlig oor wat die inhoud behels. Sy het selfs vir my ‘n handboek geleen. Dat een mens so opgewonde kan raak oor ‘n handboek.

Die oomblik wat ek in die volgende Wiskunde klas ingestap het, het die leerders my gesmeek om vir hulle ‘n les aan te bied. Dit was vir my baie vreemd gewees, maar toe sê die een leerder dat proefstudente altyd moeite doen met lesse en dat die leerders dan wil luister. Dit is eintlik vir my nogal ‘n ‘eye opener’ gewees, want ek het besef dat daar onderwysers is wat nie werklik meer moeite doen nie. Dit is die minste wat ons kan doen en dan te verwag dat leerders vir 50 minute moet konsentreer. Dit was vir my baie goed dat die onderwyseres bydraes begin vra het van die leerders wat nie verstaan het nie. Die leerders voel ook nie skaam om te sê hulle verstaan nie die werk nie. Gevolglik wil dit vir my sê dat daar ‘n geweldige positiewe leerruimte geskep is vir die leerders deur die onderwyseres.


Wat vir my geweldig skokkend was om te hoor, is die feit dat die een seun se ouers weier om te betaal vir ekstra klasse. Daar is ouers wat nie sal skroom om te kla oor hulle kinders se swak punte nie, maar wanneer die kind wil gaan vir ekstra klasse en die ouers wil nie betaal nie, is dit hartseer. Sommige van die leerders benodig individuele aandag en die onderwyser het net nie altyd die tyd tot hulle beskikking daarvoor nie.

Skoolbesoek: Dag 9 - 30 Julie 2015

Gisteraand het ek tot laat gesit om seker te maak my les is reg vir vandag. Ek het besluit om moeite te doen deur om ‘n powerpoint te maak, want ek weet dat die leerders die les se verloop sal bespreek met die onderwyseres.

Die volgende les wat ek bygewoon het, was die graad 8 Wiskunde klas vir wie ek my krit les wil doen. Van die begin af was ek mal oor die onderwyseres gewees, aangesien haar metode van klasgee soortgelyk is aan hoe ek eendag wil klas gee. Ek hou van die idee dat sy nie bang is om tyd te spandeer aan om vir die leerders te verduidelik nie. Dit mag dalk nou tyd vat, maar in die toekoms gaan die leerders se fondasie ten volle vasgelê wees en dan hoef die toekomstige onderwysers wat met hulle te doen kry nie so te sukkel met die ‘basics’ van Wiskunde nie.

Na pouse het die tyd aangebreek dat ek my les moet doen. Ek het besef dat ek baie rustiger is in vergelyking met hoe ek voor glaskas gevoel het. Ek het seker gemaak my powerpoint is op die skerm getoon toe die leerders in die klas ingestap het. My les het afgeskop met die merk van die vorige dag se huiswerk. Ek het besluit om die memo ook op my powerpoint te sit, sodat leerders die antwoorde, nadat dit bespreek is, af te skryf. Ek het regtigwaar die klas geniet!

Ek het na my les weer ‘n musiekles bygewoon. Alhoewel dit dieselfde les as vir die ander groep was, het ek duidelik gesien dat hierdie groep die sterker een is. Dalk is dit omdat hulle ‘n kleiner groep is, ek weet nie.

Ek en M* het ooreengekom om van 16:00 af in die biblioteek te gaan sit. Aangesien ons nie verder gevorder het gister nie, was dit noodsaaklik dat ons weer vandag bymekaar moes kom. Ek het toe besluit dat ek van 15:00 tot 16:00 die hokkie oefening gaan bywoon. Gedurende die oefening het sy na my toe gekom om te sê dat haar oefening geskuif het na 16:00 toe. Gevolglik kan ek en sy toe nie ons les inwerk nie. 

Die res van die dag gaan dit maar weer ek en die graad 11 Ekonomie boeke wees...


Skoolbesoek: Dag 8 - 29 Julie 2015

Vanoggend het sommer vroeg afgeskop aangesien die fluit ensemble vanoggend 07:00 begin oefen het. Ek moet sê die skool se musiek is baie goed – wanneer die kinders hulle stukke ken, by gesê. Die oefening het baie goed begin, totdat die kinders lui begin raak het en dit duidelik begin raak het dat sommige van hulle glad nie weet wat hulle moet speel nie. Dit was nogal ‘n uitdaging vir hulle om die hoë note geondersteun te kry. Vir my wat ‘n fluitspeler is, is dit nogal snaaks dat hulle nie besef dat hulle postuur bydra daartoe nie. Letterlik die hele groep lê teen die ruglening met hulle fluite amper parallel met hulle liggame, in plaas van reghoekig.

Ek het ook opgelet hoe min die motivering onder die leerders is. Hulle speel binnekort Eisteddfod en dit lyk nie eens of hulle omgee nie. Ek het besluit om toestemming te vra om vir hulle aan te spreek oor hulle postuur. Die juffrou was baie bly dat ek iets gesê het, want sy is al moeg om hulle heeltyd aan te spreek.

Die oomblik wat ek teruggekom het in die personeelkamer, het die graad 11 ekonomie onderwyseres my kom vra of ek more en Vrydag vir haar graad 11’s sal klasgee. Ek was bietjie skrikkerig, maar het toe besluit om die klas vandag waar te neem om te sien hoe min of meer daar vir hulle klas gegee word. Ek het finaal besluit dat ek my evalueringsles vir die graad 11 ekonomie klas gaan doen, aangesien die leerders my geweldig goed gehanteer het. Daar was genoegsame twee-rigting kommunikasie om die klasgesprek aan die gang te hou.

Ek het besluit om ‘n paar van my periodes vol te maak met musiek periodes. Ek het baie uitgesien daarna, omdat ek weer bietjie kan opskerp op my musiekteorie kennis. Gelukkig kan ek die afdeling wat behandel was, goed onthou, want ek moes toe ‘n meisie help wat afwesig was.

Die volgende klas wat ek bygewoon het, was graad 11 Wiskunde by ‘n baie jong onderwyseres. Ek hoop eerlikwaar my klasse is nie so onrustig soos daardie een nie. Die juffrou moet tydens hulle dubbelperiodes die klas skuif na ‘n ander lokaal toe om sodoende te kry dat hulle kan werk.


Ek het na skool vir M* Wiskunde klas gegee. Ek het besluit om haar tutoriaal deur te werk wat Maandag ingegee moet word. Die klas het bietjie stadiger gegaan as wat ek gedink het dit gaan wees. Sy sukkel geweldig baie met die ‘basics’ van die probleme. Wat ek opgelet het is dat sy baie benoud raak wanneer sy nie die vraag kan beantwoord nie. Ek dink wel ons sal goed saam kan werk en ek gaan verseker baie van haar kan leer! Gelukkig sien ek haar more weer – sien uit.

Skoolbesoek: Dag 7 - 28 Julie 2015

Dit is dag 7 en ek sukkel steeds om in die oggend op te staan. Snaaks genoeg kom ek nog uit die bed uit op. Ek het in my register periode vir M* ontmoet. Sy is die graad 8 meisie wat my onderwerp van studie gaan wees vir die volgende paar maande. Ek sien geweldig uit om more met haar te begin werk en te sien hoe sy Wiskunde hanteer.

Dit is vir my lekker dat ons proefstudente tussen mekaar kan gesels oor die verskillende onderwysers. Ons praat ook oor watter onderwysers die ander dink ons sal moet bywoon. Een van ons het genoem dat die een Wiskunde onderwyser bietjie anders klasgee as wat ons geleer word. Ek het gaan sit in die klas om self te besluit. Wat ek toe wel gesien het, is dat die onderwyser geweldig klein skryf op die bord. Ek is geneig om presies dieselfde te doen, so ek sal moet seker maak in die toekoms dat ek let op die grootte van my skrif op die bord. Ons dosent het vir ons geforseer om vir die leerders sielkundige spasie te gee. Ek weet dat mens nie heel periode kan wag vir antwoorde nie, maar die onderwyser is geneig om onmiddelik sy eie vrae te beantwoord as hy dit gevra het.

Ek het toe my volgende klas gevind vir wie ek lesse wil aanbied. Die leerders het vooraf vir my gesê dat die een onderwyseres die beste een in die skool is. Al is sy jonk en vriendelik, respekteer die leerders haar nogsteeds en weet hulle wanneer hulle moet ernstig raak. Dit is werklik hoe ek eendag as onderwyseres gesien wil word. Dit is baie lekker om te weet dat ek as jong onderwyseres nie sal hoef te skree en gil om die leerders onder beheer te kry nie.

Wat vir my nogal goed is, is die feit dat ek by twee totaal en al verskillende onderwysers gaan klas gee. Dit gaan maak dat ek hulle strategieë kan gebruik, die beter dele meng, bietjie van my eie stem insit, en dan leer by die beste. Ek wil nie eendag namens my leerders dink nie, ek wil hulle forseer om self met probleme te stoei. As ons heeltyd namens hulle gaan dink, sal hulle nooit op hulle eie probleme kan oplos nie.


Ek het heeldag al uitgesien daarna om vanaand bietjie die orkesoefening by te woon. In graad 7 was ek getoets deur die musiek juffrou om te kyk of ek in staat sal wees om te kan fluit speel. Ek het hoofsaaklik begin met dwarsfluit om sodoende gedurende my hoërskool loopbaan vir hierdie skool se blaasorkes te speel. Die musiek juffrou kom gesels toe gedurende hulle breuk met my en sê my toe dat ek volgende week bietjie kan saamspeel met die orkes. Dit was die beste nuus wat ek kon kry! Musiek is deel van my lewe, en om dit nou deel te kan maak van die bou van my loopbaan is net nog beter. 

Skoolbesoek: Dag 6 - 27 Julie 2015

Vandag moes ons vir die eerste keer ons eie roosters gevolg het. Gevolglik kon ons nou ons waarnemings begin doen het. Ek het toe besluit om ‘n graad 10 Wiskunde klas by te woon om sodoende te sien hoe die manier van klasgee verskil vanaf graad 9 tot graad 10 vlak. Die klas moes ‘n hersieningsoefening gaan voltooi het by die huis en dit was werklik vir my skrikwekkend hoe die leerders steeds nie sommige konsepte kon verstaan nie. Soos byvoorbeeld dat hulle nie die verskil tussen paralelle lyne se ooreenkomstige hoeke en gewone ooreenkomstige hoeke ken nie. Ek het dit opgetel dat die graad 8 en 9 klasse beide tans besig is met daardie onderwerp. Dit beteken dat hierdie graad 10 leerders die werk al menigte male behandel het, maar steeds nie die fondasie daarvan verstaan nie.

Ek het toe volgende ‘n graad 8 Wiskunde klas gaan bywoon by die onderwyser by wie ek gaan les gee. Dit was werklik vir my baie goed om te sien hoe baie haar manier van klasgee ooreenstem met hoe ek eendag wil wees. Met die intrapslag in die klas het sy vir die leerders ‘n oefening gegee om uit te werk om sodoende te bepaal wat die kennis van die leerders is. Die feit dat sy ook nie namens die leerders dink nie, sê vir my dat haar metodes van klasgee soortgelyk is aan wat ons dosent vir ons geleer het tydens glaskas. Wat vir my baie goed was, was die feit dat sy heeltyd vir die leerders teenvrae gestel het oor ‘hoekom’ hulle die antwoord gee. Oor hoekom hulle dink die antwoord reg is. Dit help nie jy kry al die antwoorde reg, maar jy weet nie watter fondasie maak dat die antwoord reg is nie.

Dit was nogal lekker om vandag te sien hoe die grade se vakinhoud ooreenstem. Ek het beide graad 8 en 9 klasse vandag bygewoon en het agtergekom dat beide grade besig is met die oplos van vergelykings. Dit is vir my baie goed, want dan as die leerders se fondasie in graad 8 behoorlik gelê is, kan dit net goed wees vir die grade vorentoe. Maar dan dink ek aan leerders wie se fondasie nie vas is nie. Hoe kan mens dan van daardie leerders verwag om dan Wiskunde te kan doen? Dis juis omdat ek so geweldig sterk voel oor hierdie idee dat ek ingestem het om ‘n graad 8 meisie te help met Wiskunde.

Haar ma het my nommer by die skool gekry en my toe vertel dat haar dogter amper in die 80% kry vir haar ander vakke, maar sy dop haar Wiskunde. Sy sê toe vir my dat sy daardie oggend verskriklik gebid het dat iemand oor haar pad kan kom om haar dogter te help. Ek sien geweldig uit daarna om die meisie te ontmoet en te begin werk met haar. Dink ek gaan net soveel leer van haar af as wat sy van my af gaan leer. Dink net hoe ‘amazing’ dit sal voel as ek kan kry dat sy bo verwagtinge kan presteer nadat ek met haar klaar is.

JOns skakelonderwyseres het gesê ons moet ons periodes opvul deur om na klasse toe te gaan waar ouer onderwysers klas gee om sodoende te kyk na hoe hulle dissipline in hulle klasse handhaaf. Ek besluit toe maar om na die graad 10 Lewenswetenskappe klas toe te gaan. Ek het weereens in hierdie klas die idee rondom die ‘flipped classroom’ beleef. Die onderwyser het vir die leerders opdrag gegee om ‘n gedeelte van die inhoud te gaan opswot en dan ’n powerpoint moet gaan skep. Die leerders moet dan vir die res van die klas ‘n les gee oor hulle gekose onderwerp. Dit is vir my ‘n wonderlike manier om leerders betrokke te kry by die inhoud en weereens moet die leerders in diepte gaan oplees oor die inhoud sodat die onderwyser hulle nie sal vas vra nie. Deur hierdie metode besef die leerders nie eintlik hoe baie hulle leer nie – hulle leer op ‘n genotvolle wyse.


Die ander klas wat vandag werklik vir my uitgestaan het was die graad 10 Ekonomie klas. Die oomblik wat ek in die klas ingestap het, het ek begin bekommerd raak. Die eerste idee wat ek gekry het, was dat daar absoluut geen dissipline in daardie klas is nie. Dit het my ongelooflik bang gemaak, want hoe gaan hulle vir my luister as hulle nie eens na hulle onderwyser gaan luister nie??

Skoolbesoek: Dag 5 - 24 Julie 2015

Vandag is Vrydag – dankie tog daarvoor! Ek sien al van Maandag af om ‘n slag verlore slaap in te haal, maar eers moes ek deur die dag kom. Daar word van ons verwag om van Maandag af ons eie rooster te volg en dan in ons spesialiseringsrigtings te gaan waarnemings doen. Gevolglik moes ons vandag heeldag in die personeelkamer gesit en roosters uitwerk het. Dit mag dalk na ‘n maklike opdrag klink, maar genade was dit nou vir jou ‘n mission! Daar mag in elke klas net een proefstudent wees en die oop periodes moet jy vul met enige ander vak – ook sonder botsings.

Ek is nou nie een van jou geduldigste mense as dit kom by take wat voltooi moet word, en mense wat onnodige foute maak nie. ‘n Eenvoudige konsep soos om te bly by jou spesialiseringsrigting kon ‘n student nie verstaan nie. Gevolglik was daar af en toe bakleiery oor wie by watter vakke wil wees, wanneer dit redelik eenvoudig behoort te gewees het.


Eindelik het ons deur die dag gekom en almal se roosters is gefinaliseer – of so hoop ons. Ons kyk maar hoe gaan dit Maandag. 

Skoolbesoek: Dag 4 - 23 Julie 2015

Elke dag raak dit makliker om op te staan en te weet ek moet vir byna die hele dag in die skool gaan sit. Vanoggend was ek heel opgewonde om skool toe te gaan. Ek het gehoor ek sal as een van my buitemuurse aktiwiteite kan insit by die blaasorkes se oefeninge. Aangesien ek tot matriek toe Dwarsfluit geneem het, is ek baie opgewonde om weer betrokke by musiek te raak. Wat vir my baie uitdagend is, is die feit dat ons hierdie week nog saam met ‘n registerklas na al hulle vakke toe moet gaan, selfs al is dit nie ons rigtings nie. Dit maak nogal dat die dae stadiger verbygaan, aangesien ons nog geen werklike leswaarnemings kan doen nie.

Vandag het ‘n seun in die klas wat ek by insit vir my gesê ek gaan ‘n baie goeie onderwyser wees, omdat ek vriendelik is. Dit het my nogal beter laat voel, want ek is so bang die leerders loop oor my. Maar die seun het dinge vir my in perspektief geplaas. Ek gaan nie verander aan die manier wat ek is en voor kom nie.

Wat nogal uitgestaan het in die Wiskunde klas was toe die juffrou vir die leerders gevra het of die instaan juffrou die vorige kwartaal sekere onderwerpe behandel het. Volgens die leerder het sy nie almal behandel nie, en dit skep probleme vorentoe, aangesien die kinders die pad beister gaan raak indien die juffrou nie konstant seker maak die leerders weet wat aangaan nie. Ek het ook weereens iets nuuts geleer in die Wiskunde klas vandag. Ek het vandag geleer dat ‘n getal slegs deelbaar deur 3 is, indien die som van die aparte syfers ook deelbaar deur 3 is. 

Die juffrou wat Natuurwetenskappe gee het ‘n geweldige oulike hulpmiddel wat sy gebruik, naamlik PhEt Simulations. Ek dink enige onderwyser wat ‘n praktiese vak aanbied moet kyk na die program. Ek sal verseker self die program gaan probeer baas raak.


Daar is nogal ‘n uitdaging vir die Tegnologie en Verbruikerstudies onderwysers aangesien hulle geen vorm van digitale projektors in hulle klasse het nie. Die een juffrou het vir my gesê dis ‘n uitdaging vir die Tegnologie en Verbruikerstudies onderwysers aangesien hulle geen vorm van digitale projektors in hulle klasse het nie. Die een juffrou het vir my gesê dat hulle frustreerd is met die feit dat die hele klas agter haar rekenaar moet staan indien sy iets wil wys daarop. Dalk is dit iets wat die skool moet oorweeg vir die pad vorentoe.

Skoolbesoek: Dag 3 - 22 Julie 2015

Dag 3 het baie beter gegaan, alhoewel dit self met nog nuwe uitdagings gekom het. 

Die dag het sommer afgeskop met twee periodes Wiskunde waartydens die klas hulle huiswerk gemerk het. Ek self het vandag weereens my kennis opgeskerp toe die juffrou hulle gevra het oor hoekom die binnehoeke van ‘n vierkant gelyk is aan 360 grade. Ek het oorspronklik nie gedink aan die feit dat dit uit twee driehoeke bestaan nie, en interessant genoeg het nie een van die leerders ook daaraan gedink nie. 

Wat vir my baie opvallend was, was die verskillende onderrigmetodes wat die onderwysers gebruik om hulle vakke oor te dra. Al is dit hoe verskillend, blyk dit asof elke metode perfek werk.

Ek was ook vir twee periodes in die diepkant ingegooi toe die een onderwyseres my vra om in haar klasse toesig te hou, aangesien sy ander verpligtinge gehad het. Dit was nogal intimiderend om voor daardie klas te moet staan en te weet dat dit van my afhang oor of die klas in toom gehou gaan word of nie. Ek het veral met die een klas baie goed oor die weg gekom, veral die feit dat ek hulle met hulle Wiskunde opdrag kon gehelp het. Dit is ‘n verligting om te kan sê dat ek hierdie spesifieke klas sal gebruik vir my Wiskunde les wat deur die dosent geëvalueer gaan word. Die feit dat ek van die begin af so ‘n goeie verhouding met die klas kan vorm gaan help met tweerigting kommunikasie tydens my les.


Daar is vir ons gesê om nie te vriendelik te wees met die leerders nie, want dan loop hulle oor jou en het geen respek vir jou nie, maar hulle het ook gesê ons moet onsself wees. En ek kan nie sonder ‘n glimlag iemand groet nie, so ek is dalk te vriendelik, maar tog glo ek die leerders waardeer dit meer as ‘n onderwyser wat ontoeganklik vir die leerders is. 

Skoolbesoek: Dag 2 - 21 Julie 2015

Dag 2 en ek kon skaars my oë oophou vir die volle duur van die skooldag. 

Ons was ingedeel by spesifieke graad 8 klasse en vir die volgende week gaan ons heeldag lank saam met die klas moet rondbeweeg om sodoende vertroud te raak met die uitleg van die skool, ens. Vir die eerste keer in ‘n hele paar jaar was ek ‘n verlore kuiken gewees. Ons skakelonderwyser wou ons die tweede periode gesien het, so toe moes ek uitvind waar my klas die derde periode sou gewees het. Een van die leerders het toe vir my die verkeerde klas gesê en so eindig ek toe by die verkeerde klas op.

Ek het toe ingesit by ‘n Graad 8 EBW-klas waartydens hulle hersiening gedoen het van dit wat in die eksamen behandel was. Ek dink dit moes nogal uitdagend gewees het vir die onderwyser om te hoor dat die nuwe leerder in haar klas nog glad nie die werk behandel het wat hulle hersien nie. Gevolglik moes sy toe aan die leerder die inhoud so gou as moontlik verduidelik in die kortste tyd moontlik.


Die Wiskunde klas wat ek toe volgende bygewoon het, het die Junie eksamen vraestel uitgewerk om sodoende seker te maak hulle weet waar hulle foute is. Dit was nogal skokkend om te sien hoeveel leerders het byna die helfte van die eksamen inhoud vergeet het. Dit was wel lekker om te sien dat hulle die konstruksie van driehoeke ook behandel het – dieselfde as wat ons in Kurrikulumstudie (Wiskunde) behandel het. Die een vraag aan die leerders was om ‘n gelyksydige driehoek te konstrueer met slegs een hoek, naamlik 60 grade. Die leerders moes dus die eienskappe van ‘n gelyksydige driehoek gebruik het om die vraag te beantwoord. Almal wat die vraag kon beantwoord, het die een metode gebruik, naamlik om drie gelyke lyne te gebruik en ‘n driehoek te konstrueer. Die metode wat ek self nie aan gedink het nie, was om gebruik te maak van die Vessica Pisces. Ek het nie onmiddelik gedink aan die feit dat daar binne die Vessica Pisces twee gelyksydige driehoeke is nie. Gevolglik was dit selfs vir my ook ‘n verrykende les gewees...

Skoolbesoek: Dag 1 - 20 Julie 2015

Vandag het ek weer ’n omgewing betree wat ek nie gedink het ek ooit sal nie – ek is terug skool toe. 

Na ‘n Junie/Julie vakansie waartydens ek my dood gestres het oor die onbekende wat vir my voorlê, het die tyd aangebreek vir ons om vir die eerste keer skoolbesoek te gaan doen. Alhoewel ek reeds vertroud is met sekere aspekte van die skool en sy mense, was dit steeds vir my ‘n onbekende omgewing, die omgewing van hoe en waar alles agter die skerms gedoen word. Aangesien ons skakelonderwyser toegegooi was met admin heeldag, het ons studente net vir haar uitgehelp met toesig in haar klas. Dit was juis hier waar ek reeds die omskakeling van student na ‘juffrou’ moes gemaak het. Ek besef nou ek is een van daardie ‘wesens’ verby wie ek self in die gange geloop het, vir wie ek in my beste stem en houding gegroet het, en na wie ek amper altyd opgekyk het. Ek besef ook nou dat die tyd om groot te raak aangebreek het. 

Uitdaging nommer 1: Om heeldag lank in die skool te wees, sonder om gou vinnig tussendeur klasse ‘n slapie te gaan vang.

For the love of Teaching

Okay goed, ek is terug. Ek weet, it has been a while...

Wat het ek die afgelope tyd gedoen? Ek was terug skool toe, glo dit of nie. Vir 9 weke moes ons skole gaan besoek het om 'n idee te kry van wat die onderwys behels en om ook vir ons die geleentheid te bied om bietjie by onderwysers te leer.

Ek was ongelooflik gespanne oor die hele proeftydperk gewees, aangesien ek geweet het dit gaan maak of breek wees... As ek nie van die proeftydperk gehou het nie, of ek het nie daarvan gehou om voor 'n klas te gaan staan nie, sou my hele toekoms verander het.

Needless to say... My blog verander na For the love of Teaching. Ek dink ek het my passie ontdek...

Ek het geweet my passies sluit Wiskunde, geldsake, die korporatiewe wêreld en jongmense in. So wat beter manier om dit te kombineer as om 'n onderwyseres te raak? Ek het aan die begin van my proeftydperk besluit dat ek 'n dagboek gaan hou oor my daaglikse ervarings van juffrou-wees. Party dae het ek meer geskryf en party dae minder...

Ek het besluit om dit in die blog in te skryf, sodat almal kan sien hoe ongelooflik baie ons gegroei het in die afgelope 9weke. Deur slegs terug te gaan en my refleksies te lees, kan ek dit reeds sien, en dit voel amazing!

Maar, ek gaan nie veel verder sê nie - laat my dagboek inskrywings die praatwerk doen...

Thursday, 26 March 2015

For the love of Carrie Underwood - Something in the water

Okay, so yet again I changed the direction of this blog... It has been a while - things have been crazy the past month. At first I thought it is crazy to not have a fixed theme for the blog, but that is how my mind works, everyday it is something else! So I will rather see this blog as a reflection of what is currently going on in my mind.

There will be a fixed idea though - For the love of...
I will write about anything I love, mostly music, of course!! And whatever I write about, I will learn more of it. So it is a win-win situation.

The reason I decided to write today, is because I have been quite negative about the year, about my studies, and especially the direction in which I was forced with my post-grad course... Don't get me wrong, this past month I developed more and more respect for teachers. It is a LOT of hard work, planning, dedication, patience, but I think it will be rewarded in the end... So from now on, only positive thoughts!! That's why I decided to blog the lyrics of a song which made me think a lot about my mindset, etc.

I was quite depressed after class one day and decided to listen to some music... Like a sign from above, the first song that came up was Something in the water, sung by Carrie Underwood - one of my favourite artists!!

Like every country song, the words has a lot of meaning, and I think each and everyone of us relate!!

"Something In The Water"

He said, "I've been where you've been before.

Down every hallway's a slamming door.

No way out, no one to come and save me.

Wasting a life that the Good Lord gave me.




Then somebody said what I'm saying to you,

Opened my eyes and told me the truth."

They said, "Just a little faith, it'll all get better."

So I followed that preacher man down to the river and now I'm changed

And now I'm stronger




There must've been something in the water

Oh, there must've been something in the water




Well, I heard what he said and I went on my way

Didn't think about it for a couple of days

Then it hit me like a lightning late one night

I was all out of hope and all out of fight




Couldn't fight back the tears so I fell on my knees

Saying, "God, if you're there come and rescue me."

Felt love pouring down from above

Got washed in the water, washed in the blood and now I'm changed

And now I'm stronger




There must be something in the water

Oh, there must be something in the water




And now I'm singing along to amazing grace

Can't nobody wipe this smile off my face

Got joy in my heart, angels on my side

Thank God almighty, I saw the light

Gonna look ahead, no turning back

Live every day, give it all that I have

Trust in someone bigger than me

Ever since the day that I believed I am changed

And now I'm stronger




There must be something in the water (amazing grace)

Oh, there must be something in the water (how sweet the sound)

Oh, there must be something in the water (that saved a wretch)

Oh, there must be something in the water (like me)

Oh, yeah




I am changed (I once was lost)

Stronger (but now I'm found)

(was blind but now I see)



___________________________________________________________________

Beautiful, isn't it??

Which makes it even more special is what Carrie Underwood told the media after they criticized her about singing about her faith:


"Country music is different," she told Glamour magazine. "You have that Bible Belt-ness about it. I'm not the first person to sing about God, Jesus or faith [or] any of that, and I won't be the last. And it won't be the last for me, either. If you don't like it, change the channel."


Please do yourself a favour and go and watch the music video... It literally gives me goosebumps every time I watch it!!

So, everyone, especially PGCE students who, I am sure also feel like I do sometimes, whenever you feel down, go and listen to this song. Instant cheer-up GUARENTEED!!

YouTube link: Carrie Underwood - Something in the water



Monday, 23 February 2015

For the love of Country music

So, I have been thinking long and hard about one of my assignments for my Post-graduate Certificate in Education. The assignment is to start a blog about anything you want to learn. I wanted to link it to my studies, but could not find the perfect topic. After a while I decided that I will blog about one of my biggest passions - music. For as long as I can remember, music were the one thing that calmed me down.

Playing a music instrument myself (Flute), and receiving vocal training for a few years with South African gospel singer, Riana van Wyk, my passion for music is as clear as daylight. I was thinking about focusing only on one genre of music, namely country, but why not expand my horizons and learn more about the different genres of music out there.

I will start my first blog with Country. I have no idea why, but country is my favorite genre to sing and to listen to. There is just something about it - whether it is the musicality of the artists, the combination of different instruments, or just the mere fact that every country song has a wonderful story to tell. Lets first start off by first looking at the history of country music.

ACCORDING TO WIKIPEDIA:

"Country music is a genre of American popular music that originated in Southern United States, in Atlanta, Georgia in the 1920's. It takes its roots from the South-Eastern genre of American folk music and Western music. Country music often consists of ballads and dance tunes with generally simple forms and harmonies accompanied by mostly string instruments such as banjos, electric and acoustic guitars, fiddles and harmonicas. The term 'country music' gained popularity in the 1940's in preference to the earlier term 'hillbilly music'. The origins of country music are the folk music of mostly white, working-class Americans, who blended popular songs, Irish and Celtic fiddle tunes, traditional ballads, and cowboy songs, and various musical traditions from European immigrant communities. In 2009, country music was the most listened to rush hour radio genre during the evening commute, and second most popular in the morning commute in the United States.

Country music was "introduced to the world as a Southern phenomenon." The first generation emerged in the early 1920's. Okeh Records began issuing hillbilly music records by Fiddlin' John Carson as early as 1923, followed by Columbia Records in 1924, and RCA Victor Records in 1927.

During the second generation ( 1930's - 1940's ), radio became a popular source of entertainment, and "barn dance" shows featuring country music were started all over the South, as far North as Chicago, and as far West as California. The most important was the Grand Ole Opry, aired starting in 19325 by WSM in Nashville and continuing to present day. During the 1930's and 1940's, cowboy songs were popularized by films made in Hollywood. Bob Wills was one of the first country musicians to have added an electric guitar to his band, in 1938. Country musicians began recording boogie in 1939.

The third generation ( 1950's -1960's ) started at the end of World War II with "mountaineer" string band music known as bluegrass, which emerged when Bill Monroe, along with Lester Flatt and Earl Scruggs were introduced by Roy Acuff at the Grand Ole Opry. Gospel music remained a popular component of country music. By the early 1950's, a blend of Western swing, country boogie, and honky tonk was played by most country bands. Beginning in the mid-1950's, and reaching its peak during the early 1960's, the Nashville Sound turned country music into a multi-million dollar industry centered in Nashville, Tennessee. In the aftermath of the British Invasion, many desired a return to the "old values" of "rock 'n roll". At the same time there was a lack of enthusiasm in the country sector for Nashville-produced music. What resulted was a crossbred genre known as country rock.

Fourth generation (1970's - 1980's) music included outlaw country and country pop or soft pop, with roots in the country politan sound, folk music and soft rock. Between 1972 and 1975, singer/guitarist John Denver released a series of hugely successful songs blending country and folk-rock music styles. During the mid-1980's, a group of new artists began to emerge who rejected the more polished country-pop sound that had been prominent on radio and the charts in favor of more traditional "back-to-basics" production.

During the fifth generation ( 1990's ), country music became a world-wide phenomenon thanks to Garth Brooks. The Dixie Chicks became one of the most popular country bands in the 1990's and early 2000's.

The sixth generation ( 2000's - present ), is exemplified by country singer Carrie Underwood. The influence of rock music in country has become more overt during the late 2000's and early 2010's. Most of the best-selling country songs of this era however were in the country pop genre, such as those by Lady Antebellum, Florida George Line and Taylor Swift.

For more interesting reading: http://en.wikipedia.org/wiki/Country_music
PICTURES AND VIDEOS:
Banjo
https://www.youtube.com/watch?v=NCLxNe8vGAs

Fiddle
https://www.youtube.com/watch?v=A_dzhZF9RlI

John Carson
https://www.youtube.com/watch?v=-59NgQ1erEI

Bob Wills
https://www.youtube.com/watch?v=0C08jmN1sM8

Grand Ole Opry

John Denver
https://www.youtube.com/watch?v=1vrEljMfXYo

Dixie Chicks
https://www.youtube.com/watch?v=pojL_35QlSI

Carrie Underwood
https://www.youtube.com/watch?v=mH9kYn4L8TI

Nashville, Tennessee