Gisteraand het
ek tot laat gesit om seker te maak my les is reg vir vandag. Ek het besluit om
moeite te doen deur om ‘n powerpoint te maak, want ek weet dat die leerders die
les se verloop sal bespreek met die onderwyseres.
Die volgende les
wat ek bygewoon het, was die graad 8 Wiskunde klas vir wie ek my krit les wil
doen. Van die begin af was ek mal oor die onderwyseres gewees, aangesien haar
metode van klasgee soortgelyk is aan hoe ek eendag wil klas gee. Ek hou van die idee dat sy nie bang is om
tyd te spandeer aan om vir die leerders te verduidelik nie. Dit mag dalk nou tyd
vat, maar in die toekoms gaan die leerders se fondasie ten volle vasgelê wees
en dan hoef die toekomstige onderwysers wat met hulle te doen kry nie so te
sukkel met die ‘basics’ van Wiskunde nie.
Na pouse het die
tyd aangebreek dat ek my les moet doen. Ek het besef dat ek baie rustiger is in
vergelyking met hoe ek voor glaskas gevoel het. Ek het seker gemaak my
powerpoint is op die skerm getoon toe die leerders in die klas ingestap het. My
les het afgeskop met die merk van die vorige dag se huiswerk. Ek het besluit om
die memo ook op my powerpoint te sit, sodat leerders die antwoorde, nadat dit
bespreek is, af te skryf. Ek het regtigwaar die klas geniet!
Ek het na my les
weer ‘n musiekles bygewoon. Alhoewel dit dieselfde les as vir die ander groep
was, het ek duidelik gesien dat hierdie groep die sterker een is. Dalk is dit
omdat hulle ‘n kleiner groep is, ek weet nie.
Ek en M* het
ooreengekom om van 16:00 af in die biblioteek te gaan sit. Aangesien ons nie
verder gevorder het gister nie, was dit noodsaaklik dat ons weer vandag
bymekaar moes kom. Ek het toe besluit dat ek van 15:00 tot 16:00 die hokkie
oefening gaan bywoon. Gedurende die oefening het sy na my toe gekom om te sê
dat haar oefening geskuif het na 16:00 toe. Gevolglik kan ek en sy toe nie ons
les inwerk nie.
Die res van die dag gaan dit maar weer ek en die graad 11
Ekonomie boeke wees...
No comments:
Post a Comment