Okay goed, so
vandag is my eerste les vir punte en ek weet nie of ek moet sterk staan en of
ek moet weghardloop nie. Vanoggend het ek skool toe gekom en moes toe vinnig
die aktiwiteite gaan kopieër het. Ek het baie paniekerig geraak toe ek sien dat
daar onderwysers is wat ook die masjien wou gebruik het. Ek het nie gedink dat
daar iemand was nie, maar nou ja.
Ek het
gisteraand gelê en dink dat ek van die ander graad 8 Wiskunde onderwysers gaan
vra of ek nie my les kan doen vir hulle klas nie. Maar dit het ook nie gewerk
nie. Dit is frustrerend, maar ek verstaan hulle moet deur hulle werk kom. Ek is
baie dankbaar dat hulle bereid is om toe te laat dat ons lesse kan gee in hulle
klasse.
Dit is toetsdag
vandag so ek het ‘n uur in die registerklas gespandeer. Darem kon ek deur my
les gegaan het, aangesien ek nie dit gisteraand gedoen het nie.
Vandag is weer
een van daai dae. Ek het lus vir niks vandag nie. Nie eens lus om met mense te
werk nie, maar sal my kop probeer hoog hou vandag. Ek weet eerlikwaar nie hoe
onderwysers dit regkry om nogsteeds met alle positiewe denke en houdings die
dae deur te gaan nie – of dalk verstaan ek nou dat dit dalk net ‘n front is.
Ek was in die
tweede periode in ‘n graad 8 Wiskunde klas. Die juffrou het die memo uitgedeel
en toe kyk ek maar vinnig daar deur om te kyk of ek die kinders reg gehelp het.
Ek het ‘n fout op die memo gesien en toe besef hoe vinnig so iets gebeur.
Hoeveel onderwysers kry nie net die memo en merk hulle klas se goed nie?
Hoeveel onderwysers vat die tyd om deur die memo te werk? Sulke klein foutjies
kan ‘n leerder onnodig benadeel. Dus moet ek ‘n punt daarvan maak om elke memo
nie net as ‘n gegewe te aanvaar nie.
Die res van die
dag is maar rustig wat klasse betref. In die Ekonomie klas was daar ‘n video
gekyk aangesien die klas ver voor die ander een is. Dit is die klas vir wie ek
les gegee het laas week. Ek is bietjie bekommerd oor wat die klas vir die
onderwyseres gesê het oor daardie lesse. Dit is vir my baie sleg dat die twee
lesse van laas week nie tel nie.
In die vyfde
periode moes drie van ons proefstudente in die personeelkamer bymekaarkom om te
bepaal wanneer ons ons krit lesse wil gee. Darem het ons nou amper ons
evalueringsdae bevestig. Altwee is darem eers oor ‘n maand so sal verseker reg
wees vir die ding – of so hoop ek!
Ek was bevoorreg
gewees om vandag twee periodes te kon gebruik vir my les. Dit het my darem
genoeg tyd gegee om een van my assesseringsaktiwiteite ook uit te deel. Dit
beteken dat ek more 28 aktiwiteite gaan kry om te merk en dan nog my Ekonomie
les ook beplan. Hierdie week gaan nog rof raak, veral omdat ons elke middag
eers 17:00 by die huis kom. Ek het darem 75% vir my les gekry waaroor ek baie
bly is. Ek weet ek het nog baie om te leer. Ek stres baie oor die Ekonomie
lesse – wat as hulle my vasvra?
Ek was vandag by
die toneel se oefening. Alhoewel hulle net sekere dele geoefen het, lyk dit
nogal asof dit baie goed behoort te wees. Dit is net ‘amazing’ om te sien hoe
hierdie jong kinders hulle personas sommer net so kan verander.
No comments:
Post a Comment