Monday, 28 September 2015

Skoolbesoek: Dag 4 - 23 Julie 2015

Elke dag raak dit makliker om op te staan en te weet ek moet vir byna die hele dag in die skool gaan sit. Vanoggend was ek heel opgewonde om skool toe te gaan. Ek het gehoor ek sal as een van my buitemuurse aktiwiteite kan insit by die blaasorkes se oefeninge. Aangesien ek tot matriek toe Dwarsfluit geneem het, is ek baie opgewonde om weer betrokke by musiek te raak. Wat vir my baie uitdagend is, is die feit dat ons hierdie week nog saam met ‘n registerklas na al hulle vakke toe moet gaan, selfs al is dit nie ons rigtings nie. Dit maak nogal dat die dae stadiger verbygaan, aangesien ons nog geen werklike leswaarnemings kan doen nie.

Vandag het ‘n seun in die klas wat ek by insit vir my gesê ek gaan ‘n baie goeie onderwyser wees, omdat ek vriendelik is. Dit het my nogal beter laat voel, want ek is so bang die leerders loop oor my. Maar die seun het dinge vir my in perspektief geplaas. Ek gaan nie verander aan die manier wat ek is en voor kom nie.

Wat nogal uitgestaan het in die Wiskunde klas was toe die juffrou vir die leerders gevra het of die instaan juffrou die vorige kwartaal sekere onderwerpe behandel het. Volgens die leerder het sy nie almal behandel nie, en dit skep probleme vorentoe, aangesien die kinders die pad beister gaan raak indien die juffrou nie konstant seker maak die leerders weet wat aangaan nie. Ek het ook weereens iets nuuts geleer in die Wiskunde klas vandag. Ek het vandag geleer dat ‘n getal slegs deelbaar deur 3 is, indien die som van die aparte syfers ook deelbaar deur 3 is. 

Die juffrou wat Natuurwetenskappe gee het ‘n geweldige oulike hulpmiddel wat sy gebruik, naamlik PhEt Simulations. Ek dink enige onderwyser wat ‘n praktiese vak aanbied moet kyk na die program. Ek sal verseker self die program gaan probeer baas raak.


Daar is nogal ‘n uitdaging vir die Tegnologie en Verbruikerstudies onderwysers aangesien hulle geen vorm van digitale projektors in hulle klasse het nie. Die een juffrou het vir my gesê dis ‘n uitdaging vir die Tegnologie en Verbruikerstudies onderwysers aangesien hulle geen vorm van digitale projektors in hulle klasse het nie. Die een juffrou het vir my gesê dat hulle frustreerd is met die feit dat die hele klas agter haar rekenaar moet staan indien sy iets wil wys daarop. Dalk is dit iets wat die skool moet oorweeg vir die pad vorentoe.

No comments:

Post a Comment