Vandag is Vrydag
– dankie tog daarvoor! Ek sien al van Maandag af om ‘n slag verlore slaap in te
haal, maar eers moes ek deur die dag kom. Daar word van ons verwag om van
Maandag af ons eie rooster te volg en dan in ons spesialiseringsrigtings te
gaan waarnemings doen. Gevolglik moes ons vandag heeldag in die personeelkamer
gesit en roosters uitwerk het. Dit mag dalk na ‘n maklike opdrag klink, maar
genade was dit nou vir jou ‘n mission! Daar mag in elke klas net een proefstudent
wees en die oop periodes moet jy vul met enige ander vak – ook sonder botsings.
Ek is nou nie
een van jou geduldigste mense as dit kom by take wat voltooi moet word, en
mense wat onnodige foute maak nie. ‘n Eenvoudige konsep soos om te bly by jou spesialiseringsrigting
kon ‘n student nie verstaan nie. Gevolglik was daar af en toe bakleiery oor wie
by watter vakke wil wees, wanneer dit redelik eenvoudig behoort te gewees het.
Eindelik het ons
deur die dag gekom en almal se roosters is gefinaliseer – of so hoop ons. Ons
kyk maar hoe gaan dit Maandag.
No comments:
Post a Comment