Vandag het ek
weer ’n omgewing betree wat ek nie gedink het ek ooit sal nie – ek is terug
skool toe.
Na ‘n Junie/Julie vakansie waartydens ek my dood gestres het oor die
onbekende wat vir my voorlê, het die tyd aangebreek vir ons om vir die eerste
keer skoolbesoek te gaan doen. Alhoewel ek reeds vertroud is met sekere aspekte
van die skool en sy mense, was dit steeds vir my ‘n onbekende omgewing, die
omgewing van hoe en waar alles agter die skerms gedoen word. Aangesien ons
skakelonderwyser toegegooi was met admin heeldag, het ons studente net vir haar uitgehelp
met toesig in haar klas. Dit was juis hier waar ek reeds die omskakeling van
student na ‘juffrou’ moes gemaak het. Ek besef nou ek is een van daardie
‘wesens’ verby wie ek self in die gange geloop het, vir wie ek in my beste stem
en houding gegroet het, en na wie ek amper altyd opgekyk het. Ek besef ook nou
dat die tyd om groot te raak aangebreek het.
Uitdaging nommer 1: Om heeldag
lank in die skool te wees, sonder om gou vinnig tussendeur klasse ‘n slapie te
gaan vang.
No comments:
Post a Comment