Alhoewel ek
duskant dood van moegheid is, het ek redelik maklik opgestaan. Ek dink dit is
nou maar omdat ek op my laaste bietjie battery krag hardloop. Ek het lekker
hokkie oefening vanmiddag, so ek sien vreeslik baie uit daarna. Dink ek gaan
uitmekaar uit val as ek gaan hardloop, maar darem gaan ek oefening inkry.
Ek gee vandag
weer les vir die graad 8 Wiskunde klas en ek voel baie rustig daaroor – dalk te
rustig. Dalk is dit omdat ek net werk gaan merk met hulle. Na vandag is dit nog
net 14 lesse oor om te doen. I can do this!
Maandae, Dinsdae
en Donderdae is altyd vir my die ergste. Dit is die dae wat pouse eers 11:07
is… Ek kan skaars uithou sonder kos tot eerste periode toe!
Die res van my
dag was maar rustig gewees. Na die tweede pouse het ek en 'n ander proefstudent weer vir die
admin tannie gehelp met liasseer werk en die laaste periode het ons ‘n drama
les gaan bywoon. Dit was nogal lekker om met die onderwyseres te kan praat oor
die onderwys. Sy sê dat onderwys niks is soos wat ons nou leer nie, en sy voel
mens leer eers wanneer jy jou eie klasse het. Ek stem 100% saam met haar, want
mens kan nie altyd rustig ‘n les aanbied wanneer iemand vir jou punte gee nie.
Ek het vanmiddag
weer die hokkie oefening bygewoon en die afrigter het gesê ons kan volgende
week die span vat vir oefening. Dit klink nogal na pret!! Bietjie afleiding vir
ons. Die res van die dag is dit maar ek en lesse uitwerk.
No comments:
Post a Comment