Vandag moes ons
vir die eerste keer ons eie roosters gevolg het. Gevolglik kon ons nou ons
waarnemings begin doen het. Ek het toe besluit om ‘n graad 10 Wiskunde klas by
te woon om sodoende te sien hoe die manier van klasgee verskil vanaf graad 9
tot graad 10 vlak. Die klas moes ‘n hersieningsoefening gaan voltooi het by die
huis en dit was werklik vir my skrikwekkend hoe die leerders steeds nie sommige
konsepte kon verstaan nie. Soos byvoorbeeld dat hulle nie die verskil tussen
paralelle lyne se ooreenkomstige hoeke en gewone ooreenkomstige hoeke ken nie.
Ek het dit opgetel dat die graad 8 en 9 klasse beide tans besig is met daardie
onderwerp. Dit beteken dat hierdie graad 10 leerders die werk al menigte male
behandel het, maar steeds nie die fondasie daarvan verstaan nie.
Ek het toe
volgende ‘n graad 8 Wiskunde klas gaan bywoon by die onderwyser by wie ek gaan
les gee. Dit was werklik vir my baie goed om te sien hoe baie haar manier van
klasgee ooreenstem met hoe ek eendag wil wees. Met die intrapslag in die klas
het sy vir die leerders ‘n oefening gegee om uit te werk om sodoende te bepaal
wat die kennis van die leerders is. Die feit dat sy ook nie namens die leerders
dink nie, sê vir my dat haar metodes van klasgee soortgelyk is aan wat ons dosent vir ons geleer het tydens glaskas. Wat vir my baie goed was, was die
feit dat sy heeltyd vir die leerders teenvrae gestel het oor ‘hoekom’ hulle die
antwoord gee. Oor hoekom hulle dink die antwoord reg is. Dit help nie jy kry al
die antwoorde reg, maar jy weet nie watter fondasie maak dat die antwoord reg
is nie.
Dit was nogal
lekker om vandag te sien hoe die grade se vakinhoud ooreenstem. Ek het beide graad
8 en 9 klasse vandag bygewoon en het agtergekom dat beide grade besig is met
die oplos van vergelykings. Dit is vir my baie goed, want dan as die leerders
se fondasie in graad 8 behoorlik gelê is, kan dit net goed wees vir die grade
vorentoe. Maar dan dink ek aan leerders wie se fondasie nie vas is nie. Hoe kan
mens dan van daardie leerders verwag om dan Wiskunde te kan doen? Dis juis
omdat ek so geweldig sterk voel oor hierdie idee dat ek ingestem het om ‘n
graad 8 meisie te help met Wiskunde.
Haar ma het my
nommer by die skool gekry en my toe vertel dat haar dogter amper in die 80% kry
vir haar ander vakke, maar sy dop haar Wiskunde. Sy sê toe vir my dat sy
daardie oggend verskriklik gebid het dat iemand oor haar pad kan kom om haar
dogter te help. Ek sien geweldig uit daarna om die meisie te ontmoet en te
begin werk met haar. Dink ek gaan net soveel leer van haar af as wat sy van my
af gaan leer. Dink net hoe ‘amazing’ dit sal voel as ek kan kry dat sy bo
verwagtinge kan presteer nadat ek met haar klaar is.
JOns skakelonderwyseres het gesê ons moet ons periodes opvul deur om na klasse toe te gaan waar ouer
onderwysers klas gee om sodoende te kyk na hoe hulle dissipline in hulle klasse
handhaaf. Ek besluit toe maar om na die graad 10 Lewenswetenskappe klas toe te
gaan. Ek het weereens in hierdie klas die idee rondom die ‘flipped classroom’
beleef. Die onderwyser het vir die leerders opdrag gegee om ‘n gedeelte van die
inhoud te gaan opswot en dan ’n powerpoint moet gaan skep. Die leerders moet
dan vir die res van die klas ‘n les gee oor hulle gekose onderwerp. Dit is vir
my ‘n wonderlike manier om leerders betrokke te kry by die inhoud en weereens
moet die leerders in diepte gaan oplees oor die inhoud sodat die onderwyser
hulle nie sal vas vra nie. Deur hierdie metode besef die leerders nie eintlik
hoe baie hulle leer nie – hulle leer op ‘n genotvolle wyse.
Die ander klas
wat vandag werklik vir my uitgestaan het was die graad 10 Ekonomie klas. Die
oomblik wat ek in die klas ingestap het, het ek begin bekommerd raak. Die
eerste idee wat ek gekry het, was dat daar absoluut geen dissipline in daardie
klas is nie. Dit het my ongelooflik bang gemaak, want hoe gaan hulle vir my
luister as hulle nie eens na hulle onderwyser gaan luister nie??
No comments:
Post a Comment