Dit is dag 7 en
ek sukkel steeds om in die oggend op te staan. Snaaks genoeg kom ek nog uit die
bed uit op. Ek het in my register periode vir M* ontmoet. Sy is die graad 8
meisie wat my onderwerp van studie gaan wees vir die volgende paar maande. Ek
sien geweldig uit om more met haar te begin werk en te sien hoe sy Wiskunde
hanteer.
Dit is vir my
lekker dat ons proefstudente tussen mekaar kan gesels oor die verskillende
onderwysers. Ons praat ook oor watter onderwysers die ander dink ons sal moet
bywoon. Een van ons het genoem dat die een Wiskunde onderwyser bietjie anders
klasgee as wat ons geleer word. Ek het gaan sit in die klas om self te besluit.
Wat ek toe wel gesien het, is dat die onderwyser geweldig klein skryf op die
bord. Ek is geneig om presies dieselfde te doen, so ek sal moet seker maak in
die toekoms dat ek let op die grootte van my skrif op die bord. Ons dosent het
vir ons geforseer om vir die leerders sielkundige spasie te gee. Ek weet dat
mens nie heel periode kan wag vir antwoorde nie, maar die onderwyser is geneig om onmiddelik sy eie vrae te beantwoord as hy dit gevra het.
Ek het toe my
volgende klas gevind vir wie ek lesse wil aanbied. Die leerders het vooraf vir
my gesê dat die een onderwyseres die beste een in die skool is. Al is sy jonk
en vriendelik, respekteer die leerders haar nogsteeds en weet hulle wanneer
hulle moet ernstig raak. Dit is werklik hoe ek eendag as onderwyseres gesien
wil word. Dit is baie lekker om te weet dat ek as jong onderwyseres nie sal
hoef te skree en gil om die leerders onder beheer te kry nie.
Wat vir my nogal
goed is, is die feit dat ek by twee totaal en al verskillende onderwysers gaan
klas gee. Dit gaan maak dat ek hulle strategieë kan gebruik, die beter dele
meng, bietjie van my eie stem insit, en dan leer by die beste. Ek wil nie
eendag namens my leerders dink nie, ek wil hulle forseer om self met probleme
te stoei. As ons heeltyd namens hulle gaan dink, sal hulle nooit op hulle eie
probleme kan oplos nie.
Ek het heeldag
al uitgesien daarna om vanaand bietjie die orkesoefening by te woon. In graad 7
was ek getoets deur die musiek juffrou om te kyk of ek in staat sal wees om te
kan fluit speel. Ek het hoofsaaklik begin met dwarsfluit om sodoende gedurende
my hoërskool loopbaan vir hierdie skool se blaasorkes te speel. Die musiek juffrou kom
gesels toe gedurende hulle breuk met my en sê my toe dat ek volgende week
bietjie kan saamspeel met die orkes. Dit was die beste nuus wat ek kon kry!
Musiek is deel van my lewe, en om dit nou deel te kan maak van die bou van my loopbaan
is net nog beter.
No comments:
Post a Comment