Dag 2 en ek kon
skaars my oë oophou vir die volle duur van die skooldag.
Ons was ingedeel by
spesifieke graad 8 klasse en vir die volgende week gaan ons heeldag lank saam
met die klas moet rondbeweeg om sodoende vertroud te raak met die uitleg van
die skool, ens. Vir die eerste keer in ‘n hele paar jaar was ek ‘n verlore
kuiken gewees. Ons skakelonderwyser wou ons die tweede periode gesien het, so
toe moes ek uitvind waar my klas die derde periode sou gewees het. Een van die
leerders het toe vir my die verkeerde klas gesê en so eindig ek toe by die
verkeerde klas op.
Ek het toe
ingesit by ‘n Graad 8 EBW-klas waartydens hulle hersiening gedoen het van dit
wat in die eksamen behandel was. Ek dink dit moes nogal uitdagend gewees het
vir die onderwyser om te hoor dat die nuwe leerder in haar klas nog glad nie
die werk behandel het wat hulle hersien nie. Gevolglik moes sy toe aan die
leerder die inhoud so gou as moontlik verduidelik in die kortste tyd moontlik.
Die Wiskunde
klas wat ek toe volgende bygewoon het, het die Junie eksamen vraestel uitgewerk
om sodoende seker te maak hulle weet waar hulle foute is. Dit was nogal
skokkend om te sien hoeveel leerders het byna die helfte van die eksamen inhoud
vergeet het. Dit was wel lekker om te sien dat hulle die konstruksie van
driehoeke ook behandel het – dieselfde as wat ons in Kurrikulumstudie (Wiskunde)
behandel het. Die een vraag aan die leerders was om ‘n gelyksydige driehoek te
konstrueer met slegs een hoek, naamlik 60 grade. Die leerders moes dus die
eienskappe van ‘n gelyksydige driehoek gebruik het om die vraag te beantwoord.
Almal wat die vraag kon beantwoord, het die een metode gebruik, naamlik om drie
gelyke lyne te gebruik en ‘n driehoek te konstrueer. Die metode wat ek self nie
aan gedink het nie, was om gebruik te maak van die Vessica Pisces. Ek het nie
onmiddelik gedink aan die feit dat daar binne die Vessica Pisces twee
gelyksydige driehoeke is nie. Gevolglik was dit selfs vir my ook ‘n verrykende
les gewees...
No comments:
Post a Comment